top of page

ATLETIEK: Simbine nog blitsvinnig op 31-jarige ouderdom by Gaborone Grand Prix-reeks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 14, 2025
  • 1 min read

Akani Simbine het Saterdag in Gaborone gewys dat ouderdom hom nie stuit nie toe hy die Botswana Grand Prix se 100m in ʼn briljante 9.90 sekondes gewen het. Dié tyd is nie net die vinnigste in die wêreld vir 2025 tot dusver nie maar hy het ook sy groot mededinger Ferdinand Omanyala van Kenia in die pylvak agter gelaat. Simbine het sterk weggespring in baan ses met Omanyala  aan sy binnekant en die twee het mekaar behoorlik aangevuur tot op die laaste paar meter waar die Suid-Afrikaner bewys het hoekom hy steeds ʼn krag in wêreldatletiek is.

 
 
 

Comments


bottom of page