top of page

ATLETIEK: Simbine tree aan vir 100m eindronde by Diamantliga

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 13, 2024
  • 1 min read

Akani Simbine kan vanaand by die Diamantliga in Brussels die jaar op ‘n goeie noot afsluit.

Hy sal aantree in die eindronde van die 100 meter. Hy sal mik vir ‘n podiumplek, na silwerware hom tot dusver nog net ontduik het.

Sy laaste probeerslag was die naaste, na hy vierde geëindig het by die Olimpiese Spele in Parys.

Simbine sal om 20:15 Vrydagaand aantree.

 
 
 

Comments


bottom of page