top of page

ATLETIEK: Toetse goedgekeur om te bepaal of 'n atleet wel vroulik is

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 28, 2025
  • 1 min read

Wêreld-Atletiek het onlangs aangekondig dit het 'n toets goedgekeur om te bepaal of 'n atleet biologies vroulik is.

IOL berig die president van die internasionale baan- en veldfederasie, Sebastien Coe, sê dié toets sal 'n belangrike manier wees om die vroue-kategorie te beskerm.

Die toetse sal in die vorm van 'n wangdeppermonster wees, of dalk 'n bloedtoets. Die toets sal net een maal in 'n atleet se leeftyd hoef geneem te word, en toets vir die SRY-geen, wat amper altyd op die manlike Y-chromosoom is.

'n Datum is nog nie vasgestel nie, maar toetse behoort teen September vir die Wêreldkampioenskap in Tokio in werking te tree.

Coe is vol vertroue dat die beleid wetlik water sal dra. Hy het gewaarsku dat vrouesport verlore kan raak as die vroue-kategorie nie beskerm word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page