ATLETIEK: Tumi Ramokgopa spog met vinnigste tyd in wêreld
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 11, 2025
- 1 min read
Die Prestige College atleet, Tumi Ramokgopa, het die atletiekwêreld van haar laat kennis neem toe sy by die Curro Podium Grand Prix-byeenkoms op die Pilditch Stadion in Pretoria die 400m-hekkies in ’n verbysterende tyd van 57.78 sekondes afgelê het. Dit was ook die vinnigste tyd sover in 2025 vir ’n vroue atleet wat 20 jaar of jonger is. Daarna het Ramokgopa in die 100-hekkies ook geskitter in ’n tyd van 13.96 wat net .24 van ’n sekonde stadiger was as die vinnigste tyd vanjaar wat deur ’n junior gehardloop is. *Die Hoërskool Menlopark - wat die verdedigende kampioen is - het weer by diè byeenkoms met die louere weggestap vir ’n derde agtereenvolgende jaar, gevolg deur Curro Hazeldean en Noordheuwel in onderskeidelik die tweede en derde plekke.






Comments