Australië tree strenger op teen mense wat hul visums oorskry

Sep 17
1 min read
Australië gaan strenger optree teen mense wat hul visums oorskry. Internasionale studente gaan ook verbied word om hul gesinne saam te bring, en die verblyfduur van rugsakreisigers sal beperk word.
Dit vorm deel van ’n reeks veranderinge om migrasie te verminder.
ABC News berig Australië se minister van binnelandse sake, Tony Burke, sê die veranderinge sal die integriteit van die migrasieprogram herstel en die federale regering meer beheer gee oor die vraaggedrewe komponente van die stelsel.
Burke sê dit is 'n teiken wat bereik moet word weens die uitdagings wat Australië met behuising ondervind.








Comments