Bafana Bafana 'moet die geraas van die skare uitblokkeer'
- Saamgestel deur Jana Roos

- Jun 11
- 1 min read
Die dag het uiteindelik aangebreek waarop Mexiko vir Suid-Afrika in die openingswedstryd van die 2026 FIFA Wêreldbeker die stryd aansê.
Bafana Bafana-afrigter Hugo Broos het sy spelers uitgedaag om die verwagte oorverdowende geraas van die skare te probeer uitblokkeer.
Volgens SuperSport het die voormalige Belgiese internasionale speler eerstehands die atmosfeer van die Azteca-stadion tydens die 1986 Wêreldbeker in Mexiko ervaar, waar hy vir die Rooi Duiwels in hul openingswedstryd teen die gasheerland gespeel het. Broos keer terug na die Estadio Azteca wanneer hy Suid-Afrika in hul uitdagende Groep A-wedstryd in Mexikostad lei.
Broos berei hom voor op meer van dieselfde Donderdag in 'n wedstryd wat hy as deurslaggewend beskou vir Suid-Afrika se kanse om verder as die groepfase deur te dring. Hy sê daar sal 'n groot skare wees en dat daar nie baie Suid-Afrikaanse ondersteuning sal wees nie, wat volgens hom 'n groot voordeel vir Mexiko is. Broos sê hoewel daar 85 000 Meksikane sal wees wat skree en sing, moet sy span op hul eie spel gefokus bly.
Die wedstryd begin om 21:00 Suid-Afrikaanse tyd.








Comments