Bakkies se rempedaal kan probleme veroorsaak

Sep 9
1 min read
Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n veiligheidsherroeping aangekondig wat 2 586 Isuzu RG19-bakkies raak.
Die bakkies is landwyd tussen 11 Mei en 3 Julie vanjaar verkoop, en sluit enkel-, dubbel- en verlengde kajuite in.
Volgens Isuzu kan ‘n los rempedaal-draaipen veroorsaak dat die pedaal sywaarts beweeg, wat dit moeiliker maak om volledig te rem en moontlik die remprestasie verminder.
Die Nasionale Verbruikerskommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê eienaars moet hul voertuie na die naaste gemagtigde Isuzu-handelaar neem vir inspeksie en vervanging van die defekte komponent sonder koste.
LUISTER HIER:
260908nPhethoNtaba_recall_Isuzu








Comments