Basiese Onderwys wil aanspreeklikheid in skole verskerp

Slegs sowat 51 000 van die ongeveer 500 000 opvoeders in Suid-Afrika is teen Mei teen die Nasionale Register vir Seksoortreders gekeur.
Volgens die adjunkdirekteur van Maatskaplike Mobilisasie by die Departement van Basiese Onderwys, Likho Bottoman, wil die departement die keuringsproses vir skoolpersoneel versnel.
Bottoman sê minister Siviwe Gwarube sal ook met die minister van Justisie gesprek voer oor beperkte, wettige toegang tot die register.
Intussen sê die departement aanspreeklikheid sal verskerp word vir die versuim om vermoedelike seksuele misbruik in skole aan te meld.
Provinsies sal ’n omsendbrief ontvang wat verpligte aanmeldingspligte ingevolge die Wet op Seksuele Misdrywe versterk.
Die aanmeldingsprotokol sal ook weer met digitale opleidingsmateriaal versprei word.
Bottoman sê die departement sal die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders betrek oor sterker sanksies teen mense wat nie hul aanmeldingsverantwoordelikhede nakom nie.









Comments