Beplande Bfn kragonderbrekings is gekanselleer

2 days ago
1 min read
Die beplande kragonderbrekings wat vir Woensdag in Bloemfontein geskeduleer was, is gekanselleer.
Volgens 'n verklaring van Centlec is dit weens die Nasionale Senior Sertifikaat- eksamens, wat eers na verwagting op 26 November sal eindig.
Die besluit om die kragonderbrekings te kanselleer, is geneem om te voorkom dat eksamens by verskeie hoërskole wat deur die beplande onderbrekings geraak sou word, ontwrig word.
'n Nuwe datum vir die beplande onderhoudwerk is nie aangekondig nie.










Comments