Berigte oor die datum van 'n hofsaak tussen Popcru en die DKD is glo vals
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 4
- 1 min read
Updated: Jul 5
Boodskappe en berigte wat beweer dat die hofsaak tussen die vakbond Popcru en Departement van Korrektiewe Dienste (DKD) Vrydag in die hof in Bloemfontein sou voorkom, is vals en vermoedelik doelbewus geskep om verwarring te veroorsaak. Die sitting is geskeduleer vir 9 Julie.
Rosestad-nuus het vertroulik van 'n betroubare bron verneem Popcru het wel Vrydag met sy lede van G4S vergader na aanleiding van verdere regstappe wat gedoen is om die DKD te dwing om ten volle aan 'n Arbeidshofbevel te voldoen.
Dit kom nadat die Mangaung Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein op 1 Julie deur die DKD oorgeneem is, en werkers van die vakbond toegang tot die fasiliteit geweier is. Dit is volgens Popcru 'n oortreding van die Arbeidshofbevel.
Volgens inligting ontvang van die bron, is gevangenes by Grootvlei besig met 'n eetstaking weens interne kwessies, maar daar is 'n moontlikheid dat dit kan oorspoel na die Mangaung-gevangenis.
Verskeie ander kwessies is ook tydens die vergadering bespreek.








Comments