top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Man se liggaam is in die kelder van ’n ou gebou in Bloemfontein gevind

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
37 minutes ago
1 min read

'n Geregtelike doodsondersoek is geopen ná die ontdekking van 'n man se liggaam in die kelder van die ou Poskantoor-gebou in die Bloemfonteinse sakekern.


Volgens polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, is die polisie Maandagoggend na die toneel in Yoxallstraat ontbied.


Die liggaam van die man is in water onder die gebou gevind.  Hy het 'n groen T-hemp, swart kortbroek en swart veiligheidstewels aangehad en is later deur sy meise as Siyabonga Boqwana geïdentifiseer.


'n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van sy dood vas te stel. Die polisie se ondersoek duur voort.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 

 

 
 
 

Comments


bottom of page