top of page

Bester is glo om veiligheidsredes van tronke verskuif

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 3
  • 1 min read

Die Departement van Korrektiewe Dienste het onthul dat Thabo Bester weens veiligheidsrisiko’s na ʼn ander tronk toe geskuif is.


Hy was by die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Gauteng in aanhouding, en is einde Januarie na die eBongweni-gevangenis in Kokstad se maksumumveiligheidsafdeling oorgeplaas.


Die nasionale kommissaris vir die departement, Makgothi Thobakgale, wou nie uitwei oor die veiligheidsrisiko’s nie.


Thabo Bester. FOTO: Maroela Media
Thabo Bester. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page