Bewerings teen Sello More kan nie gestaaf word nie

Die onafhanklike ondersoek na bewerings teen Mangaung Metro Munisipaliteit se stadsbestuurder, Sello More, het bevind dat geen van die bewerings wat ondersoek is, gestaaf kon word nie.
Luidens ’n mediaverklaring het die stadsraad die ondersoekverslag en aanbevelings vroeër die maand aanvaar.
Die onafhanklike ondersoeker is in Julie aangestel om die bewerings teen More te ondersoek en vas te stel of daar gronde vir dissiplinêre optrede was.
Agt van die 18 aangeleenthede wat geopper is, het binne die ondersoek se mandaat geval. Die ondersoeker het bevind dat die bewerings nie volgehou kon word nie en het geen dissiplinêre optrede aanbeveel nie.
Die munisipaliteit sê die proses was daarop gemik om te verseker dat bewerings teen senior amptenare objektief, billik en volgens die korrekte prosedures hanteer word.








Comments