Bfn se optogroete is bekend
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 29
- 1 min read
Updated: Jun 30
Die vreedsame optog wat vir Dinsdag 30 Junie beplan word, sal by die Departement van Binnelandse Sake in Dr Belcher-weg begin, en deur Bloemfontein se strate beweeg na die Premier se kantoor.
Hier sal 'n memorandum glo oorhandig word.
Dit is volgens 'n verklaring wat via AfriForum Bloemfontein ontvang is. Groepe word versoek om teen 08:00 by sekere byeenkomspunte bymekaar te kom, waar daar na die departement beweeg sal word. Vandaar sal die optog amptelik begin.
Die aanvanklike byeenkomspunte sluit in:
Freedom Square;
Namibia;
Rocklands;
Bergman Square;
Heidedal;
Batho; Brandwag en omliggende woonbuurte;
Caleb Motshabi;
Fases 4 tot 7; en
Peter Swart.
Spaza-winkeleienaars het aangebied om as vrywilligers orde te handhaaf.
Volgens die verklaring sal die optog-deelnemers nou saam met gemeenskapspolisiëringsforums saam werk om vrede, veiligheid en geen kriminele aktiwiteite te verseker.
Daar sal om 15:00 'n saambidgeleentheid wees.
My City Bloemfontein berig volgens ’n verklaring van die Mangaung Metro is drie openbare byeenkomste goedgekeur. Die metro sê sowat 1 800 mense sal na verwagting deelneem.
Motoriste word gewaarsku dat verkeersontwrigtings langs sekere roetes moontlik is.
Mangaung sê veiligheids- en noodplanne is saam met die SAPD in plek gestel en doen ’n beroep op deelnemers om die wet te gehoorsaam en die byeenkomste vreedsaam te laat verloop.








Comments