BKS: Gevalle in die Vrystaat styg tot bo 770
- Saamgestel deur Jana Roos

- 24 minutes ago
- 1 min read
Die Departement van Landbou het twee nuwe gevalle van bek-en-klouseer in die Heilbron- en Bloemfontein-gebiede bevestig.
Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die Vrystaat op 772 te staan.
Die departement se woordvoerder, Moliehi Moeng, sê dat van die bevestigde gevalle 577 suksesvol opgelos is, met die betrokke eiendomme wat aan al die voorgeskrewe vereistes vir die opheffing van kwarantynmaatreëls voldoen. Eenhonderd-95 gevalle bly aktief.
Tot op hede is bek-en-klouseergevalle in 19 Vrystaatse munisipaliteite bevestig, insluitend Kroonstad, Welkom, Sasolburg en Frankfort.








Comments