BKS: Noordwes maak merkbare vordering

Aug 20
1 min read
Die Noordwes Departement van Landbou sê hy het merkbare vordering gemaak met die beheer van bek-en-klouseer in die provinsie. Volgens die departement is meer as een-komma-drie miljoen vee sedert Maart vanjaar ingeënt, wat meer as 80 persent van sy teiken verteenwoordig.
SABC-nuus berig teen die 14de van hierdie maand is 479 gevalle bevestig, waarvan 333 steeds aktief is. Die departement het boere aangemoedig om vermoedelike gevalle onmiddellik aan te meld.









Comments