top of page

BKS: Nou ook op ‘n varkplaas in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 6
  • 1 min read

Alhoewel kommersiële varkboerderye tot onlangs die uitbraak van bek-en-klouseer kon vryspring, is een so ‘n geval in die Sasolburg distrik in die Vrystaat bevestig.


Landbouweekblad berig daar is ook nog twee vermoedelike uitbrake by varkboerdery in KwaZulu-Natal.


Die uitbrake veroorsaak baie vrae, onderandere wil ’n veearts en hoof van verbruikersversekering by die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie, Dr. Thandi Chiappero, uitvind hoe die virus die boerdery kon binnekom. 


Daar is tans geen bek-en-klouseerentstof vir gebruik by varke in Suid-Afrika goedgekeur nie.


Dit kan in die afsienbare toekoms verander, maar intussen moet die toepassing van die bes moontlike biosekerheidsprotokolle by varkboerderye topprioriteit bly.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

Comments


bottom of page