top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die MRK reageer op ‘n uitbreking van maagderm-ontsteking

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
42 minutes ago
1 min read

Die Menseregtekommissie sê metro's, distriks- en plaaslike munisipaliteite het verantwoordelike politieke leiers nodig om die voortslepende waterkrisis in sekere gemeenskappe te hanteer.


SABC-nuus berig die MRK het gereageer op die onlangse uitbreking van maagderm-ontsteking in Bronkhorstspruit in die Tshwane Metro.


Meer as 400 gevalle is aangemeld, meestal onder kinders jong as vier jaar oud.


Dit het gebeur nadat die metro die water vir langer as twee weke nie met chloor kon behandel nie en versuim het om die inwoners daaroor in kennis te stel. Die Openbare Beskermer het bevestig dat 'n ondersoek na die waterkrisis in Bronkhorstspruit van stapel gestuur is. Dit volg nadat die EFF en die VF-Plus klagte teen die metro gelê het. 


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page