Bloedvoorrade is onder druk

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens, SANBS, doen ’n beroep op geskikte bloedskenkers om bloed te skenk, aangesien nasionale bloedvoorrade afneem.
Die diens moet daagliks 3 500 eenhede bloed insamel om ’n voorraad van vyf dae te handhaaf, maar huidige insamelings bly agter.
Minder bloedskenkings by skole en universiteite tydens eksamentyd dra by tot die tekort.
SANBS doen ’n beroep op gereelde skenkers wat weer kan skenk, mense wat nog nooit bloed geskenk het nie en voormalige skenkers om terug te keer.
Alle bloedgroepe word benodig, maar veral O-negatief en B word aangemoedig om te skenk. Een bloedskenking neem sowat 30 minute en kan tot drie lewens help red.
Die SANBS sê bloed kan nie vervaardig word nie – dit kan net van mense kom wat bereid is om te skenk.








Comments