Bloemfontein-gemeenskap neem afskeid van Olorato Mongale
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 1
- 1 min read
Familie, vriende en gemeenskapslede kom Sondag byeen by die stadsaal in Bloemfontein vir die begrafnis van die 30-jarige Olorato Mongale, wie se liggaam verlede week in Lombardy-Wes in Gauteng gevind is. Die oud-Bloemfonteiner was laas gesien voor sy na ‘n afspraak met haar vermeende moordenaar gegaan het. Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, die adjunkminister van Polisie, Polly Boshielo en senior polisielede is onder die roubeklaers. Rosestad-nuus het vroeër berig die hoofverdagte in Mongale se moordsaak is Vrydag in ‘n skietery met die polisie in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal dood. Die polisie is steeds op soek na ene Bongani Mthimkulu in verband met die saak. Mongale sal in die Bainsvlei-begraafplaas in Bloemfontein begrawe word.





Comments