Bloemfontein neem afskeid van sersant Semenyane

Die Vrystaatse polisie neem hierdie week afskeid van sersant Lucas Tshediso Semenyane, wat op 12 September in ’n noodlottige ongeluk op die N8 naby Sannaspos oorlede is.
Semenyane was besig om op ’n klagte te reageer toe ’n aankomende voertuig teen die polisiekonvooi gebots het. Hy is op die toneel dood verklaar.
’n Tweede polisiebeampte is in die ongeluk beseer, maar is sedertdien uit die hospitaal ontslaan.
’n Saak van strafbare manslag is geregistreer en die omstandighede rondom die ongeluk word steeds ondersoek.
’n Gedenkdiens vir Semenyane vind Woensdag om 11:00 by Norman Doubell-saal in Heidedal plaas.
Sy amptelike begrafnisdiens is Saterdag om 08:00 by Seemahale Sekondêre Skool in K-afdeling, Botshabelo.








Comments