Daar is effense verligting vir die Rand

Die rand het van sy verliese herstel nadat hy aanvanklik verswak het teenoor die dollar ná verlede week se rentekoersverhoging deur die Amerikaanse Federale Reserweraad.
Die geldeenheid het kortstondig tot swakker as R16.40 teenoor die dollar gedaal, maar het sedertdien versterk tot ongeveer R16.20.
Investec sê markte het hul verwagtinge vir nog ‘n Amerikaanse rentekoersverhoging in Oktober verlaag, wat verligting vir die rand bring.
Stygende oliepryse, wat met die konflik in die Midde-Ooste verband hou, verhoog egter die inflasierisiko’s.
Daar word algemeen verwag dat die Suid-Afrikaanse Reserwebank vandeesweek rentekoerse met 25 basispunte sal verhoog, aangesien hoër brandstofpryse dreig om die prys van petrol in Oktober tot byna R30 op te stoot.








Comments