Bloemfontein se DBV se kosrakke loop leeg
- Ilde Roos

- Oct 13
- 1 min read
Die Bloemfontein-tak van die Dierebeskermingsvereniging benodig dringend kos vir die diere in hul sorg. Hul rakke is amper leeg.
Volgens hul Facebook-blad het hulle tans 55 honde – insluitend 16 baba-hondjies – vyf volwasse katte en agt klein katjies in hul sorg.
Weldoeners kan ook geld skenk. Elke sak, blik en bydrae maak 'n verskil en help die vereniging om te sorg vir die diere wat van hulle afhanklik is.
Bank: ABSA
Rekeningnaam: BFN Society for the Prevention of Cruelty to Animals
Rekeningnommer: 927 910 2644
Takkode: 632 005
Verwysing: FOOD + jou naam
Besoek bloemfonteinspca.co.za.






Comments