top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Brandstof is so duur, 'n mens kan net die dampe snuif

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 1
  • 1 min read

'n Egpaar van Pretoria het op pad Bloemfontein toe 'n video gemaak oor die stygende petrolpryse, en sedertdien is die TikTok-video meer as 900 000 keer gekyk.


Maroela Media berig in Sally-Ann van der Merwe se video hou sy by ʼn vulstasie stil en vra die pompjoggie vir R100 se diesel. Hy bring die pompspuit nader, sy ruik aan die diesel en oorhandig die noot, asof 'n mens met R100 net die dampe van die diesel kan bekostig.


Van der Merwe vertel sy en haar man het die voertuig die dag voor hul vertrek na Bloemfontein volgemaak, maar by Grasmere besef hul tenk is halfvol. Hulle het geraam hulle sou net R500 se diesel moes ingooi, maar het toe besef hulle sal waarskynlik nog R300 moet bysit omdat die brandstofprys intussen verhoog is. Dit is toe dat hulle die idee vir die video gekry het.


Van der Merwe sê sy was verbaas met hoeveel keer die video gekyk is, en hoop vir 'n miljoen kyke.


SKERMGREEP: Maroela Media
SKERMGREEP: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page