top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners met boorgate word aan die maandelikse heffing herinner

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 11
1 min read

Bloemfonteiners wat boorgate op hul eiendomme het word daaraan herinner dat ’n boorgatdiensfooi betaalbaar is.


Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung-metro is die fooi betaalbaar ongeag of die boorgat aan die eiendom se watervoorsieningstelsel gekoppel is.


Die tarief geld egter slegs vir eiendomme waar geen munisipale watermeter geïnstalleer is nie.


Die huidige tarief vir die 2026/27-boekjaar is R70 per maand.


Bloemfonteiners word ook aangemoedig om seker te maak dat hul waterdiensbesonderhede korrek by die munisipaliteit aangeteken is.


Ter illustrasie. FOTO: Borehole Drilling
Ter illustrasie. FOTO: Borehole Drilling

 
 
 

Comments


bottom of page