top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners word oor hewige donderstorms gewaarsku

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
8 minutes ago
1 min read

Inwoneners van Bloemfontein en omliggende gebiede moet bedag wees op hewige donderstorms wat swaar reën, hael en plaaslike oorstromings kan veroorsaak.


Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit het die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n geel vlak 2-waarskuwing vir dele van die Vrystaat, Noordwes en die oostelike dele van die Noord-Kaap uitgereik.


Die storms kan skade aan eiendom, voertuie en infrastruktuur veroorsaak, terwyl paaie en brûe plaaslik kan oorstroom. Tydelike onderbrekings in elektrisiteit- en kommunikasiedienste is ook moontlik.


Inwoners word aangeraai om waaksaam te bly, nie deur vloedwater te ry of oorstroomde brûe te probeer oorsteek nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page