Die Pantsermuseum blaas nuwe lewe in historiese voertuie

Historiese militêre voertuie by die Suid-Afrikaanse Pantsermuseum in Bloemfontein kry ’n nuwe voorkoms as deel van ’n projek om Suid-Afrika se militêre erfenis te bewaar.
Volgens die museum word verskeie voertuie wat buite uitgestal word, tans onderhou en oorgeverf om verdere agteruitgang te voorkom.
Van die belangrikste voertuie waaraan gewerk is, is die Springkaan en Krokodil. Dié twee eksperimentele voertuie, van die Ratel-reeks, het aansienlike herstelwerk nodig gehad.
Die projek word moontlik gemaak deur die samewerking en tegniese kundigheid van die Vrystaatse Streekswerkswinkel.
Die museum sê die werk aan die oorblywende uitstallingsvoertuie duur voort, met die doel om dié belangrike deel van Suid-Afrika se tegnologiese en militêre geskiedenis vir toekomstige geslagte te bewaar.










Comments