Bloemfonteiners word teen hoë temperature en brandgevare gewaarsku

Bloemfonteiners word gewaarsku om versigtig te wees weens baie hoë temperature en weerstoestande wat die risiko van vinnig verspreidende veldbrande verhoog.
Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit raak die waarskuwing ook verskeie ander munisipaliteite in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes.
Mense word aangeraai om genoeg water te drink, ligte klere te dra en buitemuurse aktiwiteite te beperk. Mense wat buite moet wees, behoort waar moontlik in die skadu te bly.
Die munisipaliteit waarsku ook dat kinders en troeteldiere nooit in voertuie gelos moet word nie.
Verder moet mense uiters versigtig wees met oop vlamme en vlambare materiaal, en aktiwiteite vermy wat veldbrande kan veroorsaak.
Enige tekens van rook of brand moet onmiddellik by nooddienste aangemeld word.










Comments