Suid-Afrikaners wend hulle toenemend tot nie-bank-uitleners

3 hours ago
1 min read
Suid-Afrikaanse verbruikers wend hulle toenemend tot nie-bank-uitleners wanneer hulle nie meer by banke geld kan leen nie of dringend korttermynkontant benodig.
Dit blyk uit DebtBusters se skuldindeks vir die derde kwartaal van 2026.
Die indeks toon dat nie-bank-uitleners verantwoordelik was vir 15% van nuwe aansoekers se skuld.
Die syfer is die hoogste wat nog in die geskiedenis van die skuldindeks aangeteken is.
DebtBusters se uitvoerende hoof, Benay Sager, sê egter al hoe meer verbruikers voltooi skuldberading en ontvang klaringsertifikate.










Comments