Bloemfonteinse onderwysers beweer hulle word geteiken
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 23
- 1 min read
’n Groep onderwysers van die Dr. Böhmer Vaardigheidskool in Bloemfontein beweer hulle is, sonder bewyse, van rassisme en seksuele teistering beskuldig. Dié aantygings het tot hul skorsing en “onherstelbare skade” aan hul professionele reputasie gelei.
Hulle voel hulle is die teikens van ’n “heksejag” nadat hulle glo onreëlmatighede en finansiële wanbestuur by die skool aangemeld het.
Netwerk24 berig die onderwysers sê hul pogings om die saak deur die Vrystaatse onderwysdepartement te laat ondersoek, het oor jare heen geen vrugte gedra nie.
Hulle sê die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het vroeër vanjaar beloof om ondersoek in te stel, maar daar het nog niks van gekom nie. Gwarube het wel volgens korrespondensie destyds bevestig sy is wel bewus van die saak.
Die skoolhoof, Kallie Viljoen, het navrae na die onderwysdepartement verwys, maar geen kommentaar is van daar ontvang nie.



Comments