top of page

Bloemfontein-onderwyser geskors na bewerings van aanranding

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 11
  • 1 min read

Die Vrystaatse Departement van Onderwys het ‘n 31-jarige onderwyser geskors weens bewerings van aanranding by die Dr Böhmer Vaardigheidskool in Bloemfontein. SABC-nuus berig ‘n video is versprei waarin gesien kan word hoe ‘n persoon, wat blykbaar ‘n onderwyser is, ‘n leerling in die gange van ‘n skoolkoshuis skop en slaan. Die departement sê hy het ‘n ondersoek van stapel gestuur om vas te stel wat die omstandighede rondom die voorval is. Luidens beriggewing het die beweerde voorval laat in Maart vanjaar plaasgevind. Die departement se woordvoerder sê die veiligheid en welstand van leerlinge en onderwysers is van uiterste belang en geen vorm van geweld of aanranding sal geduld word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page