Bloemfonteinse skole dring deur na die nasionale skynhof-eindronde

Twee Bloemfonteinse skole het deurgedring na die nasionale eindronde van die Skynhof-kompetisie, wat later vandeesmaand in Gauteng plaasvind.
Volgens die Vrystaatse Onderwysdepartement is Brebner Hoërskool en Grey College onder vier skole wat die provinsie by die nasionale kompetisie gaan verteenwoordig.
Die kompetisie gee aan leerders die geleentheid om meer oor die Grondwet en die werking van die reg te leer, en om hul regsargumente voor ’n paneel beoordelaars te stel.
Die Departement van Justisie sê die kompetisie is daarop gemik om respek vir menseregte en grondwetlike waardes te bevorder.
Brebner Hoërskool word deur Zhiglene de Vries en Chantelle Philemon verteenwoordig, terwyl Luyanda Lesejane en Mohau Makhanya Grey College sal verteenwoordig.
Die nasionale eindronde vind van 30 September tot 4 Oktober in Gauteng plaas.








Comments