top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteinse skole oorheers die Vrystaatse o.19-krieketspan

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago
1 min read

Tien van die 13 spelers wat vir die Vrystaat se o.19-krieketspan gekies is, kom van twee Bloemfonteinse skole.


Volgens inligting wat deur SuperSport Schools Cricket gedeel is, het Grey College en St Andrew’s School elk vyf spelers tot die span bygedra. Rocklands Hub het twee spelers gelewer, terwyl Hoërskool Witteberg een speler in die span het.


Onder die plaaslike spelers is Grey College se kolwer Christian Kind, wat vir die derde agtereenvolgende jaar in die span is, en sy spanmaat Aiden Dodd, wat vir die tweede jaar gekies is. St Andrew’s se FG Botha is ook weer deel van die Vrystaatse span.


Die span neem van 16 tot 20 Desember aan die Khaya Majola-week in Stellenbosch deel.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page