Bloemspruit-lugmagbasis is besteel sonder dat wagte enigiets daarvan weet
- Armando Pieters

- Aug 31
- 1 min read
'n Bus se enjin en ratkas is by die Bloemspruit Lugmagbasis in Bloemfontein gesteel, en 'n houer vol ammunisie is oopgebreek en besteel – en dit sonder dat wagte daarvan bewus was.
Die wagte het glo glad ondersoeke uitgevoer nie, of vir die vereiste dokumentasie gevra wat benodig word wanneer sulke komponente van die basis af verwyder word nie.
News24 berig ses houers vol ammunisie is onlangs vanaf die Demokratiese Republiek van die Kongo na Bloemspruit vervoer en na die loods geneem.
Werkers het glo gedink dis veiliger daar as by die ammunisiestoor, wat nie aan veiligheidsregulasies voldoen nie. Daar is toe later bevind die deur na die loods is buite werking.
'n Woordvoerder van die weermag, Prince Tshabalala, sê die presiese tyd van diefstal kan nie bepaal word nie, aangesien die rondgaande wagte dit nie opgetel het nie.
Hy voeg by alle omstandighede rondom die saak word ondersoek, insluitend die sekuriteitsdienste.





Comments