top of page

Boendoe-geregtigheid eis nog 'n lewe in die Vrystaat

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 13
  • 1 min read

Die Thabong-polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van moord na aanleiding van ‘n beweerde voorval van boendoe-geregtigheid. Dit volg nadat 'n man bewusteloos met veelvuldige kopbeserings in die Phokeng-informele nedersetting ontdek is.


Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die polisie is Maandag van ‘n voorval van boendoe-geregtigheid in kennis gestel, en die slagoffer is deur nooddienstepersoneel op die toneel dood verklaar.


Volgens inligting het die slagoffer aan sy beserings beswyk nadat hy na bewering deur lede van die gemeenskap aangerand is. Dit volg nadat hulle hom daarvan beskuldig het dat hy koperkabels gesteel het.


Niemand is in hierdie stadium in hegtenis geneem nie.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page