top of page

'n Bfn tiener is dood ná beweerde boendoe-geregtigheid

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 30, 2025
  • 1 min read

'n Tienerseun is in Waaihoek in Bloemfontein dood nadat hy aan die brand gesteek is ná ‘n voorval van boendoe-geregtigheid.


‘n Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die slagoffer het steeds gesmeul toe nooddienste opgedaag het. Hy is op die toneel dood verklaar.


‘n Groep mans het die 17-jarige en drie ander glo uit hul huise ontvoer ná ‘n beweerde huisbraak- en diefstalvoorval wat voorheen by die Sonskyn-polisiestasie aangemeld is. Drie verdagtes is in hegtenis geneem.


LUISTER:


Sersant Mahlomola Kareli

Dié insident kom enkele dae nadat 'n 19-jarige man buite sy woonplek in Freedom Square in Bloemfontein in ‘n gewelddadige aanval dood gesteek is.


Die verdagtes het die slagoffer met ‘n spesifieke bendeverwante gebaar gegroet. Alhoewel die slagoffer gereageer het, het die verdagtes na bewering sy reaksie as ‘n aanduiding van verbintenis met die mededingende bende beskou.


Twee verdagtes is in hegtenis geneem.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Comments


bottom of page