top of page

BOKS: Oud-bokskampioen Cesar 'JC' Chavez Jr. na Mexiko gedeporteer weens kartelaanklagte

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 21, 2025
  • 1 min read

Die voormalige WBC-middelgewigkampioen Julio Cesar Chavez Jr.  is van die VSA na Mexiko gedeporteer waar hy beskuldigings van samewerking met die Sinaloa-dwelmkartel in die gesig staar. Chavez wat teen Jake Paul verloor het ’n paar dae voor sy inhegtenisname in Julie in Los Angeles was onwettig in die VSA was en is toe na ‘n tronk in Sonora oorgeplaas. Daar was ook bewerings deur die Meksikaanse media dat hy as ’n huurmoordenaar vir die kartel in diens was. Chavez wat ook in die kryt bekend gestaan as La Leyenda was in die kollig in 2011 vir sy eerste  wêreldtitel maar mislukte dwelmtoetse en kriminele skuldigbevindings het sy eens roemryke loopbaan tot ’n vroeë einde gebring.

 
 
 

Comments


bottom of page