Borgtog is toegestaan in ’n beweerde motorlisensiebedrog-saak

’n Man wat ná ’n driejaar lange ondersoek verlede maand in Parys in hegtenis geneem is oor sy beweerde betrokkenheid by miljoene rande se bedrog met motorvoertuiglisensies, kry borgtog van R5 000.
Parys Gazette berig Randy Mofokeng sal weer op 25 September in die Parys-landdroshof verskyn.
Volgens die Padverkeersbestuurskorporasie, RTMC, word vermoed dat Mofokeng deel is van ’n sindikaat wat in Gauteng en die Vrystaat bedrywig is.
Die groep sou na bewering saam met regeringsamptenare gewerk het om voertuiglisensies onregmatig op die Nasionale Verkeersinligtingstelsel, NaTIS, te hernu.
Mofokeng word daarvan beskuldig dat hy motorvoertuigeienaars gehelp het om lisensies onwettig te hernu deur NaTIS vanuit sy privaat woning te gebruik.
’n Gesamentlike intelligensiegedrewe operasie het onder meer ’n rekenaarskerm met die NaTIS-aantekenskerm daarop en reeds ingesleutelde aanmeldbesonderhede aan die lig gebring.









Comments