top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bosa stel sy verkiesingsmanifes in die Mangaung Metro bekend

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
12 minutes ago
1 min read

Die leier van Bosa, Mmusi Maimane, sal Sondag sy party se verkiesingsmanifes in die Vrystaat by Thaba 'Nchu in die Mangaung-munisipaliteit bekendstel.


Mangaung is een van die 24 munisipaliteite wat Bosa in sy eerste plaaslike regeringverkiesing-veldtog betwis.


SABC-nuus berig Maimane sal vergesel word deur Bosa se burgemeesterskandidaat in Mangaung, Thabo Diseko, vir 'n reeks ontmoetings met tradisionele en godsdienstige leiers, en 'n openbare vergadering met die inwoners van Thaba 'Nchu. 


Mmusi Maimane, argief. FOTO: Britannica
Mmusi Maimane, argief. FOTO: Britannica

 
 
 

Comments


bottom of page