top of page

Bouwerk aan 'n geheime Chinese projek by De Brug begin glo vroeg volgende jaar

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 11
  • 1 min read

Bouwerk aan Projek Zingisa op die De Brug-weermagbasis buite Bloemfontein, waarby China glo in die geheim betrokke is, sal vroeg in 2026 begin.


Rosestad-nuus het vroeër berig dat die projek “intern en vertroulik” gehanteer word. Daar is aan Netwerk24 gesê die opknapping van die mobilisasiesentrum op De Brug sal minder as R500 miljoen kos, maar die spesifieke bedrag is nie gegee nie.


DA-LP Chris Hattingh sê in 'n verklaring die party is bekommerd oor die “ernstige skending” van verdedigingsregulasies, toesig en soewereiniteit wat kan voortspruit uit geheime Chinese militêre betrokkenheid by operasies van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.


Hattingh sê die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, moet aanspreeklik gehou word vir die feit dat hulle ’n buitelandse weermag, die Chinese Volksbevrydingsleër, toegang tot strategiese militêre infrastruktuur en moontlik sensitiewe vlootplatforms gegee het sonder om die behoorlike proses te volg of nasionale veiligheidsrisiko’s in ag te neem.


Ter illustrasie. FOTO: Rapport
Ter illustrasie. FOTO: Rapport

 
 
 

Comments


bottom of page