top of page

Die Chinese regering gaan glo De Brug help vernuwe

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 9
  • 1 min read

Die Chinese regering is stil-stil betrek by die herontwerp en opgradering van die weermag se mobilisasiesentrum by De Brug, buite Bloemfontein.


Rapport berig die reuse-projek sal sowat R500 miljoen kos.


Die Chinese, wat glo beplan om die opgradering met hul eie tegnici te doen, is blykbaar tans besig met die ontwerpfase van die projek. Die weermag het die projek egter as “geklassifiseerd” en selfs “hoogs geheim’’ bestempel voordat dit glo later amptelik bekend gestel sal word.


Die bestaan van die plan, bekend as Projek Zingisa, het eers onlangs aan die lig gekom. Die DA se hoofwoordvoerder oor verdediging, Chris Hattingh, sê ’n ooreenkoms vir militêre hulp en bystand van nagenoeg R260 miljoen is verlede jaar in Beijing onderteken. Presies wat die bystand behels, is egter nooit deur die weermag verduidelik nie – totdat Projek Zingisa nou uit die bloute ter sprake gekom het.


Volgens kenners is dit ’n ‘’absurde’’ situasie dat die Chinese regering bewus is van die fyn besonderhede van die land se militêre basisse, maar belastingbetalers én die parlementêre komitee word in die duister gehou.


'n Weermagoefening by De Brug. FOTO: Rapport
'n Weermagoefening by De Brug. FOTO: Rapport

 
 
 

Comments


bottom of page