Braai-entoesiaste gaan moet opdok vir ietsie op die kole

Sep 10
1 min read
Suid-Afrikaanse braai-entoesiaste staar hoër kostes in die gesig, met die jongste Braai-indeks wat ‘n jaarlikse inflasiekoers van 3,1 % in Augustus toon.
Die indeks volg die koste van vleis, groente en ander items wat tipies vir ‘n braai gebruik word.
Pryse het tussen Julie en Augustus met 2,6 % gedaal, wat verligting gebring het ná vier maande van stygings.
Die jaarlikse inflasiekoers het egter versnel vanaf 2,6 % in Julie en 1 % in Junie.
Volgens die indeks dra stygende brandstofkoste en hoër beesvleispryse, wat deels met bek-en-klouseer verband hou, by tot druk op die koste van die braaimandjie.








Comments