Brandfort is weer sonder water
- Ilde Roos
- Oct 8
- 1 min read
Brandfort in die Vrystaat is al ongeveer twee weke sonder water. Dit kom nadat 'n motor by ’n pompstasie onklaar geraak het.
Netwerk24 berig 'n nuwe pomp is Dinsdagmiddag afgelewer, maar moes toe nog geïnstalleer word.
'n Inwoner sê die water wat deur die krane kom, is egter so min dat dit nie eens ’n vyfliter-bottel kan volmaak nie.
Hulle kry elke tweede dag boorgatwater, maar nog 'n inwoner sê die boorgatwater kom soggens wanneer hulle reeds werk toe is.
Die Masilonyana-munisipaliteit het nie kommentaar gelewer nie.

Comments