'n Brandfort-huis brand af nadat daar nie water is om die vlamme te blus nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 5
- 1 min read
‘n Huis in Brandfort het afgebrand terwyl daar geen water is om die vlamme te blus nie. Dié Vrystaatse dorp is al meer as ‘n week sonder water, en daar is boonop geen brandweerdienste nie.
Volksblad berig hoewel die meeste dorpenaars ingespring het om die vlamme te help blus, was die tekort aan water en toerusting om die brand te blus ‘n groot hindernis. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.
Brandfort word deur die Masilonyana-munisipaliteit bedien en sit gereeld weke lank sonder water en elektrisiteit.
Die voorsitter van die Masilonyana-Brandfort-forum, Pieter van Dyk, sê dit is die derde huis in twee maande in die dorp wat afbrand.
Die huurder van die huis, Nicolise Nel, sê alles is deur die vlamme verswelg, en hulle het net die klere aan hulle lywe oor.





Comments