top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Brandstofpryse kan in Desember daal

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
7 days ago
1 min read

Vroeë data van die Sentrale Energiefonds (SEF) dui daarop dat brandstofpryse in Suid-Afrika in Desember kan daal, ondanks die vermindering van die Nasionale Tesourie se verligtingsmaatreëls.


Business Tech berig 'n beduidende ommeswaai in die internasionale oliemark ná die Amerikaanse middeltermynverkiesing, asook ’n sterker rand ná die plaaslike regeringsverkiesing, beteken dat vooruitsigte teen die einde van die jaar meer positief lyk.


Volgens voorspellings kan petrol tussen R2,02 en R2,32 per liter daal en diesel tussen 1 sent en 35 sent per liter.


Die staatsoliefondsheffing en ander maandelikse aanpassings is nie by die berekening ingesluit nie.


Ter illustrasie. FOTO: Landbou
Ter illustrasie. FOTO: Landbou

 
 
 

Comments


bottom of page