Brandstofvoorraad is onder beheer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 2
- 1 min read
Die regering het Suid-Afrikaners weer eens verseker dat daar genoeg brandstof in die land is.
Dit volg te midde van kommer oor voorsiening ná die konflik in die Midde-Ooste en stygende brandstofpryse.
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê Suid-Afrika voer slegs verfynde produkte uit die streek in.
Sy voeg by ’n taakspan is intussen saamgestel om die moontlike impak van die konflik op verbruikers te help verlig.
LUISTER HIER:
Khumbudzo Ntshavheni








Comments