Brendan Peyper is voorlopig gesekwestreer
- Ilde Roos

- Nov 4
- 1 min read
Die sanger Brendan Peyper is voorlopig gesekwestreer.
Dit volg op ’n aansoek wat die eienaar van SA Concerts, Eduard Hugo, vroeër teen hom ingedien het weens skuld van bykans R355 000 wat Peyper glo nie kon delg nie.
Hugo se prokureur, Steven McLoughlin, het Maandag gesê Peyper het tot 2 Maart 2026 om redes aan die hof te gee oor hoekom die bevel teen sy boedel nie finaal gemaak moet word nie. Peyper se prokureur, Eloise Cilliers, het ná die uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria teenoor Netwerk24 benadruk dat die sekwestrasie nog nie finaal is nie.
Luidens hofstukke het Hugo en Peyper ooreengekom om 50-50-vennote van die Loslit-fees in Krugersdorp te wees. Hulle sou elkeen gelyk in die winste deel.
Die fees het egter ’n verlies van meer as R700 000 gely, waarvoor hulle albei aanspreeklik was. Hugo het egter verskeie diensverskaffers betaal en alleen vir die verlies pa gestaan, nadat Peyper aan hom erken het dat hy nie die skuld sal kan betaal nie.



Comments