top of page

'n Konsertbaas vra dat Brendan Peyper gesekwestreer word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 4, 2025
  • 1 min read

Die sanger Brendan Peyper kan dalk gesekwestreer word. Dit nadat die eienaar van SA Concerts, Eduard Hugo, hiervoor aansoek gedoen het weens skuld van bykans R355 000.

Luidens Hugo se beëdigde verklaring in sy hofstukke skuld Peyper hom die geld nadat die Loslit-fees in Krugersdorp nie wins getoon het nie en die sanger glo aan hom erken het dat hy hom nie kan terugbetaal nie.

Rapport berig die konsertbaas steun op verskeie WhatsApp-boodskappe tussen hom en Peyper in 2023 as die bewyse hiervoor.

Volgens Hugo het Peyper hom in Februarie 2023 genader met 'n aanbod om 'n musiekfees te hou. Hugo het ingestem en hulle het "uitdruklik ooreengekom" om 50-50-vennote te wees.

Peyper kon egter nie pa staan vir sy aandeel nie.

 
 
 

Comments


bottom of page