Bye pak vir Kortbroek-Gideon
- Nadia Pieters

- Oct 17
- 1 min read
Dit was so hittete of hy het dit nie gemaak nie, so vertel ‘n boer van Koppieskraal buite Bloemfontein, Gideon Geldenhuys - of te wel Kortbroek-Gideon, oor sy noue ontkoming met ‘n swerm woedende bye.
Landbouweekblad berig Gideon was besig om ‘n land omteploeg toe hy teen ‘n miershoop vasploeg, hy het eers nie die bye gesien nie maar toe hy het ‘n tweede nes oop ploeg het die moeilikheid begin.
Jannie Steyn, wat saam met hom boer, het die Koppieskraal-landbouvereniging laat weet dat hulle dringend ‘n ambulans benodig.
Intussen is Jannie se seun ontbied en het hulle Gideon met die waterspuit op ‘n vuurvegter-bakkie nat gespuit.
Gideon is na die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein geneem waar hy behandel is en daar seker gemaak is dat hy nie enige verdere gevaalike allergiese reaksie het nie voor hy ontslaan is.






Comments