top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum versoek meetbare besonderhede oor die nasionale wateraksieplan

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 21 minutes ago
  • 1 min read

AfriForum versoek president Cyril Ramaphosa om meetbare besonderhede te verskaf oor vordering sedert die nasionale wateraksieplan op 23 Julie bekendgestel is.


Die Presidensie het gesê toegewyde spanne is aangewys om die plan te implementeer en dat ’n nasionale waterkrisiskomitee vordering sou monitor.


AfriForum se bestuurder van omgewingsake, Lambert de Klerk, sê die organisasie wil weet watter ingrypings afgehandel is, watter projekte aan die gang is en wat die sperdatums is.


Hy sê die organisasie vra ook besonderhede oor munisipale ingrypings, water- en sanitasieprojekte en 30-, 60- en 90-dae-teikens.


LUISTER HIER:


Lambert de Klerk

Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page